Hier sien jy 'n gat om elke draai....

MONENDAL 4X4

Die Monendal 4x4 roete is die amptelike roete van Swellendam se Kanolakarnaval

 

 

 

 

Belangrike datum:

Kanolakarnaval: 6 Augustus 2011

Meer foto's...

AKKOMMODASIE       klik hier

4x 4 ROETE     klik hier

Die Monendal 4x4 roete is ' n nuwe 4x4 roete digby Swellendam aan die voet van die Langeberge. Die behoefte aan 'n goeie en uitdagende 4x4 roete by Swellendam het sy ontstaan gehad met die Kanolakarnaval van 2010. Die roete is deur ons, die eienaars van die twee plase waaroor dit loop, Jaco en Bertus en in samewerking met die Kanola 4x4 karnavalkomitee ontwerp, spesiaal vir die fees. Die reaksie na afloop van die fees was so oorweldigend positief dat ons besluit het om dit verder te ontwikkel. 

Die baan is 'n goeie uitdaging met wisselende moeilikheidsgrade en ontsnappingsroete by al die hindernisse. Die roete is nie 'n karbreker nie, maar steeds uitdagend. Die moeilikheidsgraad wissel van 3-5.

Langs die roete is daar twee damme waarin jy heerlike kan afkoel en swem. Bergfietsryers is ook welkom en daar is staproetes.

Swellendam is sowat 2 ure se ry vanaf Kaapstad en George. Besoekers vind die pragtige natuurskoon, berge en rustige atmosfeer bekorend. Hierby is Swellendam bekend vir sy gasvryheid, ingesteltheid op toerisme, baie historiese monumente, puik restaurante, baie water en vele ander. 'n Kuier wat jy nie moet uitstel nie. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.

  

Die Monendal 4x4 selfry roete se toegangsfooi is R250 per voertuig. Die roete duur ongeveer 3 - 4 ure afhangend van die vaardigheidsvlak van die  bestuurder, of al die hindernisse aangedurf gaan word en natuurlik hoe haastig jy is om klaar te maak. By die eindpunt is daar piekniek en braaiplekke. Hout is op aanvraag te koop by die eienaars. 

    

 

Akkommodasie is beskikbaar vanaf R100 per persoon per nag. Die self-catering  chalets is volledig toegerus, netjies, gerieflik en omring deur die pragtige natuurskoon van Swellendam en omgewing terwyl jy die heerlike plaasatmosfeer wat heers kan geniet.

Hierdie kaart toon aan al die hindernisse en hulle name. Oral sien jy 'n gat ....

Klik hier om die roete op Google Maps te sien (die kaart geniet nog aandag). (Let Wel dat die skakel net werk indien Google Earth afgelaai is op jou rekenaar)

Die GPS koördinate om by die toegangshek te kom is as volg:

S34 00.308  E20 22.812

Kyk gerus na die twee videos - klik op die skakels:

http://www.youtube.com/watch?v=cIZGi4szy0k

http://www.youtube.com/watch?v=aMg34_RuIn8

Kontak ons:

Jaco van Eeden: 

epos:    jaco@monendal4x4.co.za

sel:       0723472043

faks:     028-5142508

Bertus Streicher:

epos:  bertus@monendal4x4.co.za

sel:    0823507221

WEBTUISTE: www.monendal4x4.co.za

 

 

Jaco van Eeden en Bertus Streicher by Monendal 4x4 se toegangshek